|
|||||
| KRUGER | BEGIN | KLASLYS | MAATS | MATRIEKAFSKEID | LAASTE DAG |
Die Matrieks van 1978, waar is julle?In 2006 het ek 'n artikel gelees oor hoe populer webwerwe geword het wat skoolmaats in kontak met mekaar bring (vir 'n geldjie meeste van die tyd). Dit het my laat wonder wat daar op die Internet was oor die 1978 matrieks van C.R Swart. Die skool het 'n webwerf en ek het ook ontdek dat die 1975 klas 'n webwerf het. Van die 1978 klas was daar egter niks te vinde nie. Ek was skoon jaloers oor die 1975 klas se webwerf en dit was nogal interesant om na die fotos van destyds en die onlangse fotos te kyk. Ek het in my skoendoos vol ou foto's gaan kyk om te sien wat ek kon vind van my ou klasmaats. Intussen het van ons klasmaats bygedra en ek hoop jy geniet hierdie webwerf.
Agter (l-r): Pieter van der Merwe, Piet Vermaak, Francois Marais, Tjaart Kruger, Etienne de Klerk. Wat het nog alles in 1978 gebeur?
As jy in die 1978 matriek klas was laat hoor van jou. Help om die webblad verder uit te brei. Ek weet nie of daar 'n 10-jaar reunie was nie maar daar was wel in 1998 'n 20-jaar reunie wat ek bygewoon het. In 2008 sal dit 30 jaar wees en dit is nie meer so ver weg nie. | ||
|
Een middag na skool by Hillcrest.
Van L-R: Faan Coetzer, Neil Coetsee, Christoff Tiedt, Donn Fouche, Barry Kruger, Tersia Bouwer, Danie Groenewald, Phillip du Plessis en Hennie Roos.Wium Horn het die foto geneem. |
|
Maak asb kontak en dra by.Help om die webwerf uit te brei en kontak my gerus by die volgende e-pos:
|
||
| Vorige Bladsy | Na Bo | Volgende Bladsy |